“Elke nou en dan, in die middel van ‘n heeltemal gewone lewe, gee liefde jou ‘n sprokies verhaal”

Hoe gelukkig was ons nie, om te kon deelmaak van Charné & Cusaan se sprokies verhaal van verlowing tot troue. Dit is spesiaal om te kan deel wees van ‘n bruidspaar se trou koordinering, blomme & dekor stilering maar vir ons was hierdie troue ekstra besonders omdat ons daar was al voor die ring.

Charné & Cusaan se liefde vir mekaar is “beautiful” in die manier hoe hulle met mekaar praat en net “wees” met mekaar.

Die troue is ge-inspireer deur “The Great Gatsby” en die tema was stylvol deurgevoer vanaf bruid se rok tot by die 1ste dans, alles kon mens deur ‘n ring trek. Die spesiale ekstras soos bruidsmeisie boksies, spesiaal opgemaak deur die bruid, koerantjies wat die storie vertel van hulle liefde en soveel meer oomblikke om te onthou het dit ‘n troue gemaak vir die boeke.

Verskaffers:

Venue: Avianto

Trou Koordinering: Impressionant Events

Blomme & Décor: Impressionant Events

Fotograaf & Videograaf: JC Click

DJ: Nightlife Productions

Ons hoop vir julle jare se geluk & liefde, dankie dat ons kon deel wees van julle dag!