Tee vorm ‘n belangrike deel van ons dag in die kantoor. Tee maak en drink is die een ritueel wat altyd dieselfde bly maak nie saak hoe besig ons dag word nie. Ek verkies Earl Grey (of seeptee soos  Annebel dit noem) en Annebel drink Vyf Rose. Ons albei drink tee met een suiker en melk en deesdae drink ons tee uit ons nuwe “I love you most” bekers van Mariaan & Werner se troue. Wanneer Natasha soggens ingewals kom is dit net nog ‘n verskoning om weer tee te maak. So tee is vir ons belangrik en tee is die begin van baie belangrike gesprekke soos “Wat maak ons as Impressionant spesiaal?”

Ek is ‘n mamma van 2 pragtige, harte breker seuntjies Liam (4) en Leander (1 ½) , hulle is my grootste en die beste prestasie. Ek is al 7 jaar getroud met ‘n awesome man, Erik, en al verstaan hy as ingeneur  nie altyd die frilletjies en grilletjies van my werk of industrie nie, is hy ongelooflik ondersteunend!

My 3de kind is Impressionant, gestig, gemaak en gevorm in 2014. Ons werk hard aan hierdie baba deur al sy fases, en soos enige kind wat groot moet kom, gaan daar baie geduld, trane en soms kwaai wees in. Maar meeste van alles ‘n klein huisie vol passie en liefde vir dit wat ons daagliks doen.

Die storie begin eintlik in 2005, toe ek besluit het om Toerisme Bestuur te gaan swot. Ek wou nog altyd met mense werk en gedink ek gaan Columbus die wêreldvaarder word met al die “travel” wat ek gaan inkry. Maar God het ander planne gehad vir my, en so het ek na my studies praktiese werk by ‘n voorstaande Venue in Centurion gaan doen. En dit is waar wat die troue en events gogga gebyt het, en ek het nog nie een dag terug gekyk nie.

DSC_0192

Ek haal my hoed af vir Venue koordineerders – dit is baie lang ure en vreeslike harde fisiese werk. Daar was Sondae wat ek en Erik kombers op die gras uitgegooi het en ek net gelê en slap het,want hemel ek was moeg! Skofte van 5am to 2am die volgende oggend was die norm, en jy was weer op pos Maandag oggend. As koordineerder kon ek nie “Planners” hanteer nie, hulle wou net altyd inmeng in wat ek gevoel het was venue se sake en hulle het duidelik nie verstaan watse opofferings daar was nie. Dit gesê, vandag is ek aan die ander kant van dinge, en het ek ongelooflike respek vir venue koordineerders en omdat ek self daar was, meng ek nie in nie maar werk saam. Gee my die bordjie om op te dien of die sjampanje bottel om te skink, daar staan niks verkeerd met my hande nie, ons is albei daar om die funksie ‘n sukses te maak.

Ek was ook geseënd om by ‘n venue te kon werk waar ek ander fassette van die industrie kon leer. Ek het gewerk in akkommodasie en konferensie departemente en het myself opgewerk om die hele span te kon lei en later in ‘n bestuurs posisie van verkope te kon wees. Ek glo jy ontmoet die regte mense op jou pad wat van verskillende plekke en maniere jou vorm vir dit wat kom.

Dit was daar waar ek Lisa ontmoet het – sy was eienaar van Red Ruby Events en opsoek na ‘n besigheids venoot, en soos ‘n voeltjie wat vir die eerste keer van ‘n krans afspring en maar moet vlieg was dit my geloofsprong en steeds my beste besluit nog.Ek is steeds vandag ongelooflik dankbaar vir Lisa! Na 4 jaar van Red Ruby het ons paaie geskei en daarvan af die onstaan van Impressionant.

whatsapp-image-2017-11-10-at-10-10-59.jpeg

Ek voel soos Saul Barnard in Dalene Matthee se boek – Kringe in die bos (PS. so tussenin hou ek van lees en love my boekklub, ook rooiwyn en soms die 2 saam) Terug by die kringe: Mens loop verskillende kringe in mens se lewe en my kringe kruis toe met Annebel en Yolanda sin (laasgenoemde is op ‘n nuwe kringpad met wat ek net kan hoop gaan net so awesome soos sy self wees). Annebel ‘n mede mamma, vriendin van goud en awesomeste  “partner in crime en fun”, het by die Impressionant span aangesluit en nou roer ons dinge wit warm! Annebel sal oor haar agtergrond gesels in ‘n aparte blog, maar ek wil tog dit noem, dat hierdie mens my regter arm is en soms my been. Sy dra Impressionant waarlik op die hart en maak ‘n “huge” sukses van alles wat sy aanpak. Ek dink ons vul mekaar mooi aan, “there where we lack the other one fills”. Tee drink en kreatief beplan sou net nie dieselfde wees sonder haar nie.

Nou wie is ek….en waar kom ek vandaan. In ‘n 2 bladsy “blog post” is dit moeilik om als te sê. Maar ten opsomming, ek is ‘n vrou – een met die volwaardige ondervinding in dit wat ek doen. Ek is ‘n mamma wat besigheid bou en baie hard en lang ure werk aan ‘n toekoms vir my kinders, waarop hulle hopelik sal trots wees. Ek is getroud aan my awesome man wat baie meer prakties dink oor dinge as emosioneel soos ekke. Ek is ‘n boek en wyn lover. ‘n Vriendin, besigheids partner en ook ‘n sussie. My twee awesome sussies het al meer gewerk aan troues en funksies as sommige van ons werkers. Dankie julle – “you are the wind beneath my wings” en ek weet dat sonder julle hulp was ek nie vandag waar ek nou is nie. En ek gaan nie jok nie, die “balancing act” is dol, maar honderd persent elke dag die moeite werd.

So wat is dit nou wat ons so anders en spesiaal maak en waarom ons gebruik?

church&family-013

Ons is regte mense, met regte lewens, ons is mense wat verhoudings love en daarom so hard werk aan die verhoudings met ons verskaffers, venues en natuurlik ons kliente. Ons is “hands-on”, op-die-dag-in-beheer mense, ons is jou back up vir wat ook al jy nodig het, ons is kenners in ons veld, ons is awesome… ons is Impressionant.

xoxo

Louinette