“ En as ek die dag my hand in joune sit, sal ek my padkaarte bêre met die wete; my reise opsoek na jou is verby “

– Antjie Krog

Wat ‘n ongelooflike paartjie en hoe awesome was dit nie om te kon deel vorm van julle spesiale dag. Ryk kleure van burgundy, navy en sagte pienk met die insluiting van bessies en sea holly het die blomme en dekor ‘n ekstra diepte gegee. Natuurlik was daar ook die windpompies per tafel wat vir die bruidspaar so baie simboliseer.

Anja se pragtige persoonlikheid en dankbaarheid het dit elke dag 100% die moeite werd gemaak om die ekstra myl te gaan – jy het my laat onthou hoekom ek so lief is vir hierdie industrie. Dankie daarvoor!

Dit was ook ons eerste troue by Mooiplaatsie – ‘n regte diamant van ‘n venue.

Ons wens vir julle net geluk, liefde en seën vir julle lewenspad vorentoe. Hou aan glimlag, hou aan grappies maak en hou aan glo.